“Berge” gaan oor dinge wat onbeweeglik voel.
“Die musiek dwaal in in die klowe van kwaad en seer, maar jy hoor tog 'n eggo van hoop - en dit word harder en harder met 'n storm van goeie geraas, soos oor die wilde see. Daar is stories van liefde en dood; van goed en sleg; van jonkwees en moeg word. Alles in 'n konsep-album wat as een song geluister kan word.”
So skryf hoofsanger en liedjieskrywer Danie Du Toit oor die groep se 12de studio-album. “Berge” is ’n musikale reistog deur ’n vreemd-familiêre landskap en dalk hierdie groep se beste werk tot op datum. Nou op alle goeie digitale stroomdienste beskikbaar.
Tracklist
Klein Bietjie Dronk
Berge
Tien Jaar
Water (ft. Vuurwolf)
Vuurwerke
Ou Bande
Slaap
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2024
Songs & Lyrics Written by Danie du Toit*
Music & Arrangement by Spoegwolf
"Water" by Albert van der Merwe
Danie Du Toit (ADC)
Moskou Du Toit (Tank)
Chris Von Wielligh (Jungle)
Albert Van Der Merwe (Healer)
Recorded & Performed by Spoegwolf
Produced by Spoegwolf & Jürgen Von Wechmar
Engineered & Mixed by Jürgen Von Wechmar
Pre-Production Engineered by Chris Von Wielligh
Mastered by Tim Lengefeld
Sunset Recording Studios & TL Mastering
Original Artwork by Tertia Du Toit
Published by Spoegwolf & Vonk Musiek
Management: Chris Von Wielligh
Booking & Enquiry Admin: Yolandi Van Der Wath
Tour Management & Logistics: Jaco Naudé
Sound Tech: Jaco Naudé & Adriaan Drotsche
Merchandising: Moskou Du Toit
E-Commerce: Danie Du Toit
=============================================
“Klein Bietjie Dronk”
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Music & Arrangement by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2024.
jy’s soos nuwe wyn
jy’s soos samesyn na jare van oorlog
jare van pyn
jy’s my klein bietjie dronk
jy’s die eerste week van ’n somer met golwe
skemerooi soos die wyn
jy hou die snare toe
en sê ek moet sing
maar ons is deurgespreel
God, ons is deurgebreek
en weer gebreek
in my sy gesteek
“Berge”
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Music & Arrangement by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2024.
daar kom ’n rustigheid oor my
soos ’n afperiode
of na die opgooi
die son as jy alleen is
die see as jy stukkend is
ek dink dis wat ons kry
voor jy sag word
voor jy ophou skop
ek het gehoop vir vrede
’n hangmat oor my uitgebrande lewe
ek sien jou in wonderwerke
ek sien jou in die uitgebrande
berge
daar lê ’n wereld tussen ons
en hulle steek kerse aan
maak asof ons aan kan gaan
kom ons sê dat ek okay is
dat jou flikkering ’n boodskap is
ek dink aan jou sekondes hier
voor ek sag word
voor ek ophou skop
ek het gehoop vir vrede
’n hangmat oor my uitgebrande lewe
ek sien jou in wonderwerke
ek sien jou in die uitgebrande
berge
ek het jou soos my swaard van been
in die doderyk ingedra, alleen
ek weet daar is baie van ons, maar
ooh, ooh
ooh, ooh
ek het jou soos ’n boot van been
tot die bodem van brein gesink
ek weet daar’s baie van ons, maar
ooh, ooh
ooh, ooh
ek het gehoop vir vrede
’n hangmat oor my uitgebrande lewe
ek sien jou in wonderwerke
ek sien jou in die uitgebrande
berge
“Tien Jaar”
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Music & Arrangement by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2024.
ek was ne'entien jaar oud
en bruingebrand in die son
jy was net uit die skool
en jou hare strale van God
mens hoop en mens bid
maar jou kinders brand in die son
ek wonder wie ek al verraai het
daar’s kere wat ek dit bedoel het
ek wens ek kon daar wees
ek wens ek het jou dan al uit kom haal
ek wens ek kon vir tien jaar die lewe met jou bou
wat van nou?
wat van nou?
ons het ouer geword
en my krake wys in die son
daar’s nog jonk in jou oë
maar ek kon nog nooit daaraan vat nie
mens hoop en mens bid
maar jou kinders praat namens God
ek wonder wat ons moes geleer het
wat ek gevat het as ek moes gegee het
wat van nou? ooh, wat van nou?
ek wens ek kon daar wees
ek wens ek het jou dan al uit kom haal
ek wens ek kon vir tien jaar die lewe met jou bou
“Water (ft. Vuurwolf)”
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2024.
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Additional Verse by Albert Van Der Merwe.
Music & Arrangement by Spoegwolf.
sal jy aan my hou
as die water oral is?
as ons na die see toe stroom?
ek sal ons toekomsdrome in ’n houtkis bring
ek kan niks belowe weer nie
maar ek kan sing
het jy baie verloor?
het jy baie van my donker goed gehoor?
sal jy van jou hou?
as ons lewens skemer word
as ons bo die water is
ek sal al die liggies op die kus vir jou ontblou
ek kan niks belowe weer nie
maar ek kan sing
het jy baie verloor?
het jy baie van my donker goed gehoor?
saam geanker in die stroom
is ek jou boei of is jy myne
deur die branderwasmasjien
sien ek my hoop dob op die deinings
maar die strand lyk al hoe kleiner
as die kuslyn ook verdwyn het
voor die sout, pyn en die sonsteek
en die roes my laat verkwyn het
bly by my, net
tot die ligtoring in sig is
tot die skipbreuk aan ons rug is
en jou life-jacket lig is
stay the course —
laat die dors jou gedig is
tot die vuur in jou bors
daardie source in jou terug is
saam geanker in ’n droom
sal jy my kry daar by die duine
ons kan wag vir die gety
om terug te spoel tot by die Tuine
“Vuurwerke”
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Music & Arrangement by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2024.
vat my na daai wilde stroom
vat my na ons jonger droom
silwer soos die maan op die bed
hel jou vel was vuur
vuurwerke
vat my na die winterkaroo
dan spook ons, as jy nog daarin glo
ons vonk oor die veld na mekaar
wel hel, jou vel is vuur
vuurwerke
jy dryf my die heuwels in
ek maak jou debliksemin
ons is vol wêreldse dinge
maar meer as dit vir mekaar
ek het die lot getoets
ek wil beter dit beter doen
ons is so naby aan ’n vrede inmekaar
vat my na daai wilde stroom
vat my weer sonder ’n woord
dan maak ons al die troebel ’n droom
want hel jou vel is vuur
vuurwerke
jy dryf my die heuwels in
ek maak jou debliksemin
ons is vol wêreldse dinge
maar meer as dit vir mekaar
ek het die lot getoets
ek wil beter dit beter doen
ons is so naby aan ’n vrede inmekaar
“Ou Bande”
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Music & Arrangement by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2024.
ek hoor jou soms as ek wakker word
ek hoor jou dronk skaterlag
ek het jou aftershave in my boks gehou
jammer om te sê dit was goedkoop kak
dit sou beter gewees het om jou hier te hê
die vyand het ons uitoorlê
maar ons is nog nie dood nie
net opgefok
dis seker iets wat jy sou sê
al die lang strande
al die goue jare
het jy nou bree vlerke
het jy nog maer hande?
jy was ou bande
op die pad na someraande
hulle maak nie meer mans
soos die man wat moes wees nie
ek het uiteindelik ook ’n kind gekry
ons het amper na jou vernoem
vir ’n oomblik lank gedink dis jy
as ’n pa moet ek beter doen
ek sien jou nog as ek my bril afhaal
agter ver in die groot skare
het jy die duiwel toe gaan afbetaal
die son is vuur in jou hare
op die lang strande
op die goue jare
het jy nou breë vlerke
het jy nog maer hande
jy was ou bande
op die pad na someraande
hulle maak nie meer mans
soos die man wat jy moes wees nie
“Slaap”
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Music & Arrangement by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2024.
jy sê ons kind lag in sy slaap
ek is vêr van die bed
ek werk weer laat
vir die huis waaroor ons praat
sal ons dan ons ritme vind?
eks aan die ritme
van ’n hartklop
in ’n slegte droom gebind
gaan haal jou baadjie in die boot
dan dans ons in die straatlig
jy’s net stadige weerlig
ek het gedink ek's opgeskeur
jy ryg jou weer soos garing
dig aan my arm
jy sê jy kan verewig hier bly
in huis waar ons al ons meubels
vir ’n krismisbed moet skuif
wat van my beloftes van goud?
jy sê ek is seker blind
jy’t aan my lewe
die gordyne
soos ’n soom van son gebind
gaan haal jou baadjie in die boot
dan dans ons in die straatlig
jy’s net stadige weerlig
ek het gedink ek’s opgeskeur
jy ryg jou weer soos garing
dig aan my arm