“Lente”
Die Spoegwolf het soos slegte weer saamgetrek in Sunset Recording Studios om vir 'n jaar te storm en te sing. Die produk is 'n album wat iets onthou van hul jare as kinders in die Boland, maar tog iets hoop vir hul toekoms as musikante in 'n briljante en stukkende wêreld. Vier broers met 'n doel. 'n Cosa Nostra van kuns wat nie compromise nie, woorde wat nie jok nie, en 'n storie van liefde, leed en lig. Dis hul beste werk nog. Dis hul grootste werk nog. 'n Ligtoring op die horison - 'n sonopkoms en 'n Lente vir die manne van die Paarl.
Tracklist
Sterre
Tiramisu
Cloetesville
Oos-Vrystaat
Liefde, Laat
De Warenmarkt
Son (Die Groter Plan)
Desember
Waar Jou Huis Is
Silwer II
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2023
Songs & Lyrics* by Danie du Toit.
Music & Arrangement by Spoegwolf.
*Additional lyrics by Albert van der Merwe on “Son (Die Groter Plan)”
Danie Du Toit
Moskou Du Toit
Chris Von Wielligh
Albert Van Der Merwe
Recorded & Performed by Spoegwolf.
Produced by Spoegwolf & Jürgen Von Wechmar.
Engineered & Mixed by Jürgen Von Wechmar.
Mastered by Tim Lengefeld.
Die Wolfhuis, Soundcast, Sunset Recording Studios & TL Mastering.
Original Artwork by Tertia Du Toit.
=============================================
“Sterre”
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Music Written & Arranged by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2023.
sit weg my kitaar en sluit die kroeg
jaag die mense weg, ek's moeg gespeel
ek het lank gewag vir dit wat verlore is
ek moet nou huistoe
laai die kar en sluit die boot
sit vir Fokof aan, daai bittersoet
dis net als te veel om alleen te voel
ek moet nou huistoe
dalk kom ek terug
na daai bries, laat op Ryneveld
jou blond en jou groen het gevlek op my oë soos 'n flits
ek stuur vir jou 'n ou gedagte
'n huis in die skemerdal
'n lap op die lyn wat wapper
'n song van sterre in die nag
dit val oor ons kinders
dit val in jou skoot
maak die vuur en trek die kombers
bel my pa en sê ek het terug getrek
na daai winterdae van soetwyn en stadige kos
vir ons vriende
kom ons staan op Kalkbaai se muur
waar die golwe slaan soos ou lovers saam
teen die wreedheid van die lewe se duur
vir dié wat nog liefhet
dalk kom ek terug
na daai bries, laat op Ryneveld
jou blond en jou groen het gevlek op my oë soos 'n flits
ek stuur vir jou ons ou gedagtes
'n huis in die skemerdal
'n lap op die lyn wat wapper
'n song van sterre in die nag
dit val oor ons kinders
dit val in jou skoot
ek stuur vir jou ons ou gedagtes
'n huis in die skemerdal
'n lap op die lyn wat wapper
'n song van sterre in die nag
dit val oor ons kinders
dit val in jou skoot
“Tiramisu”
Music Written & Arranged by Spoegwolf.
Recipe Written & Performed by Johan Du Toit.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2023.
“Cloetesville”
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Music Written & Arranged by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2023.
daar's 'n vuur in Cloetesville
jy hou ons baba styf en stil
onder in die agtertuin staan 'n engel nog in pyn
na die vloed, na die val
ons drink bier van melk en roet
en praat oor dinge wat ons pla
hou net stil die wilde pyn
soos 'n hengel-haak in my
na die vloed, na die val
jy sê dis nou moeilik
ek kan voel jy's wakker
dis als stadig
maar daar's nou 'n nuwe lewe in jou arms
daar's 'n stilte in jou kyk
iets wat agter in my bly
weg van al die vrees en bloed
en die stories wat my sny
na die vloed, na die val
dis my tweede rondte hier
en al daai fokkers hang nog rond
jy is die gekraakte ruit tussen my
en al die skyn van hul donker son
jy sê dis nou moeilik
ek kan voel jy's wakker
dis als stadig
maar daar's nou 'n nuwe lewe in jou arms
jy sê dis nou moeilik
ek kan voel jy's wakker
dis als stadig
maar daar's nou 'n nuwe lewe in jou arms
daar’s ’n vuur in Cloetesville
“Oos-Vrystaat”
Music Written & Arranged by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2023.
“Liefde, Laat”
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Music Written & Arranged by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2023.
dis winter en jy ook
ek was ver en deurmekaar
die krake in my oop
pikswart en kaal
stukkende akkerbome
dis warmer hier in die kersfees
ek onthou iemand wat lankal dood is
dalk was ons liefde laat
ons steek ons kerse op en bly bymekaar
ons het geslaap op die vloer
ek het heel aand gedroom dat ons veilig is
dat jy heilig is
die winter is te kort
reën val soos Ouma se kombers
oor alles wat ek mis
wat ons weggevee het
onder die akkerbome
dis warmer hier in die kersfees
ek onthou iemand wat lankal dood is
dalk was ons liefde laat
ons steek ons kerse op en bly bymekaar
ons het geslaap op die vloer
ek het heel aand gedroom dat ons veilig is
ons steek ons kerse op en bly bymekaar
ons het geslaap op die vloer
ek het heel aand gedroom dat ons veilig is
dat jy heilig is
dalk was ons liefde laat
ons steek ons kerse op en bly bymekaar
ons het geslaap op die vloer
ek het heel aand gedroom dat ons veilig is
ons steek ons kerse op en bly bymekaar
ons het geslaap op die vloer
ek het heel aand gedroom dat ons veilig is
dat jy heilig is
“De Warenmarkt”
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Music Written & Arranged by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2023.
toe ek jou die eerste keer ontmoet
het ek iets onthou
voor my en jou
voor die liefde my kom haal het
voor die Here hierdie hele blêrrie plek uit sy mou laat val het
daar was liggies in die bome in die dorp
my siel was mank voor jou en my
ek het shots gevat
voor die Here hierdie hele blêrrie plek vir die joke laat val het
o, waar is jou skaduwee?
is jou trane met die storm heen?
o, hoe lank het ek geslaap?
hoekom voel saamwees soos heimwee?
buite is die wêreld weer in gloed
doringbome sny hulself in swart teen die horison uit
die hele blêrrie plek
word jy vir my
ons wag vaak en stil op ons lot
dalk vir die Heer op sy wa, op sy stoet
maar hy's lankal hier
saam in die oond, saam in die vuur
o, waar is jou skaduwee?
is jou trane met die storm heen?
o, hoe lank het ek geslaap?
hoekom voel saamwees soos heimwee?
“Son (Die Groter Plan)”
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Additional lyrics by Albert van der Merwe.
Music Written & Arranged by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2023.
jy kom soms met die son
soms met 'n steekpyn om
is ons in die groter plan
skadu's van wolke, skepe oor dorpe?
laat my dan val
as ek in jou in kan val
jy kom soms met die berg
soms in 'n leë vertrek
is ons in die groter plan
lyne van donker, liefde wat wonder?
laat my dan val
as ek in jou in kan val
het jy al jou hoop spandeer?
ek sou jou niks kon vra nie, maar ek dink jy weet
het jy al jou hoop spandeer?
sou jy wag vir my
voor ons uit ons lywe hande vat in die klei?
in die geelwarm lig van die lenteson
bly die skerp winterklippies in die wind vermom
die groen vallei het sy doringbome, gehard en krom
wolketrappers waag om dapper bo die dorp te drom
kronkelstrate, verlate, grys in die skemer stom
bars uit hul nate en skaterlag as die reën weer kom
die wind trek warm en heilig af teen die berge
die sterre hang teen die donker soos engele bo die Paarl
“Desember”
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Music Written & Arranged by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2023.
en nou?
ek het jou kom haal op die strand in Desember
als was vol met bries en lap en son
en nou
ry ons weer die pad
na die aande in Desember
jy's nie meer so jonk nie
en ek is blou
ek het my opgefok
en 'n bietjie song bly oor van jou
dis net seer as ek lag
dis net seer as ek sing
onder die skemernag
en als wat dit bring
en nou laai jy weer jou kind in die kar vir Desember
jou hart is vol met lief en God en son
vir jou wou ek nog altyd hier bly vir Desember
maar ek't nie meer daai hoop nie
en ons word oud
ek het ver gaan soek
en net 'n bietjie songs bly oor van jou
dis net seer as ek lag
dis net seer as ek sing
onder die skemernag
en als wat dit bring
en nou sien ek my Oupa in die reën op die rotse
golwe vol van hoop en leed en songs oor jou
ons het gaan sit, alleen op die rotse
ons is nie meer jonk nie
en ek word koud
ek het ver gaan soek
maar net 'n bietjie songs bly oor vir jou
“Waar Jou Huis Is”
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Music Written & Arranged by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2023.
sal ons nog saam
daar ver oor die see
na die seile, soos suiker
agter die deinings soek?
ek het verdwaal
ek sê graag vir myself
dat ons is waar ons hoort
dat ons vind wat nog oor is van onsself
in ons ander helfdes
in ons ander hel
kan jy onthou
of ek goed was vir jou?
of my woorde, beloftes
betekenis hou, selfs nou?
in die onsekerheid
sê ek graag vir myself
dat ons is waar ons hoort
dat ons vind wat nog oor is van onsself
in ons ander helfdes
in ons ander hel
as jou hart is
jou hart waar jou huis is
moet jou doel wees
by wie jy bedoel is om te wees
as jou hart is
jou hart waar jou huis is
moet jou doel wees
by wie jy bedoel is om te wees
sal ons nog saam
daar ver oor die see
na die seile, soos suiker
agter die deinings soek?
“Silwer II”
Original Song & Lyrics by Danie Du Toit.
Music Written & Arranged by Spoegwolf.
© Spoegwolf (PTY) LTD, 2023.
dis laat
jy slaap
ek is onder in die huis
daar's iets swaar in my
ons sif deur
deur mekaar
ek spook weer in die huis
daar's iets fout met my
kan jy al jou verdwaal
in die Boland opgaar, soos ek?
sal die Here daar wees?
kan ons al ons beloftes uit klein notaboekies lees?
hoe waar
hoe seer
moet iets wees tussen ons
voor een van ons breek?
is dit nog ver
is dit nog lank?
wel, ek soek hier in my lyf
vir iets goed, soos jy
kan jy al jou verdwaal
in die Boland opgaar, soos ek?
sal die Here daar wees?
kan ons al ons beloftes uit klein notaboekies lees?